Soorte resepte:

Resep: Boerekerrie

Boerekerrie (Foto: Lapa-uittreksel)

’n Kerrie soos min. Dié resep is perfek vir ’n Vrydagaand!

Lewer 4-6 porsies

Bestanddele

  • 15 ml olyfolie
  • 500 g beesbinneboud (topside), in blokkies gesny
  • 1 groot ui, gekap
  • 3 wortels, in blokkies gesny
  • 2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 375 ml beesvleisaftreksel
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 30 ml appelkooskonfyt
  • 30 ml tamatiesous
  • 5 ml borrie
  • 10 ml mielieblom
  • 60 ml druiweasyn
  • 30 ml sultanas (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Verhit die olie in ’n groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies, maar moenie dit gaarmaak nie. Skep dit uit.
  2. Soteer die ui tot sag en roer die wortels en aartappels by. Verlaag die hitte en roer die vleis en aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt, plaas die deksel op en laat prut vir 30 minute. Voeg nog aftreksel by indien nodig.
  3. Meng die res van die bestanddele en roer dit by die vleis. Laat prut die mengsel nog 15 minute of tot die vleis sag is. Roer af en toe. Geur na smaak en sit dit warm voor.

VARIASIE

Maalvleis kan ook gebruik word. Laat prut dit vir 15 minute, roer die geurmiddels by en laat prut vir nog 15 minute.

 

Bron: Lekker en Vinnig: Tradisionele kos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ANDRE VAN ASWEGEN ·

Probeer die Beef curry resep en spices van die the currypot dit is lekerrr, dis regte egte DURBAN curry spices. sien ons Facebook blad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.