Soorte resepte:

Resep: Braaihoender met speserye, knoffel en suurlemoenbotter

Braaihoender met speserye, knoffel en suurlemoenbotter (Foto: Verskaf)

Só ’n geurige hoender het jy lanklaas geëet.

Bedien 6

Bestanddele

  • 1 groot ( omtrent 1,6 kg) skrophoender
  • 1 suurlemoen, in kwarte gesny
  • ½ k (125 ml) Clover Mooi River-botter
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 e (15 ml) gekapte vars tiemie of suurlemoentiemie
  • Seesout en fyn peper
  • 1 e (15 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 t (5 ml) fyn komyn
  • ½ t (5 ml) paprika
  • ½ t (3 ml) rooipeper

Metode

  1. Voorverhit die ketelbraai of ’n soortgelyke braaier.
  2. Gebruik ’n papierhanddoek om die hoender droog te druk en stop die holte met die suurlemoenwiggies.
  3. Meng die botter, knoffel en suurlemoentiemie in ’n bak. Wikkel die hoender se vel rondom die borsgedeelte los. Smeer die helfte van die bottermengsel onder die vel en die oorblywende mengsel oor die res van die hoender.
  4. Meng die suiker en speserye en vryf oor die hoender. Geur met sout en peper.
  5. Bind die pote vas met kombuistou, plaas die hoender in ’n foeliebakkie en bedek met foelie. Maak vir 1 uur lank in die ketelbraaier gaar, verwyder die foelie-bedekking en braai vir ʼn verdere 20-30 minute, of tot gaar. Bedruip die hoender met enige oorblywende pansappe en sit voor.

Nota vir die kok: Plaas ’n hele knoffelbol op ’n vierkant foelie, voeg bietjie botter by en geur met sout en peper. Draai toe en braai vir 25-35 minute, of tot murgsag. Druk die sagte knoffel uit die skilletjies en sit saam met die hoender voor.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.