Soorte resepte:

Resep: Bunny Chow

Bunny chow (Foto: Lapa-uitgewers

Daar is min dinge so lekker soos ’n geurige Bunny Chow. Probeer dié een; heerlik en sonder té veel moeite.

Genoeg vir 6

Bestanddele:

  • 30 ml (2 e) Clover Mooi River-botter
  • 20 ml (4 t) kanola-olie
  • 1 kg lamskenkels
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) fyngekapte vars knoffel
  • 5 ml (1 t) fyngerasperde vars gemmer
  • (2 x 410 g-blikkies) gekapte tamaties
  • 50 g (1 blikkie) tamatiepasta
  • 30 ml (2 e) matige kerriepoeier
  • 125 ml (½ k) suiker
  • 60 ml (4 e) CLover Krush-mango-en-perskesap
  • knippie sout
  • knippie swartpeper
  • 2 vars witbrode

Metode:

  1. Verhit die botter en olie in ’n groot swaarboomkastrol en braai die lamskenkels tot bruin. Skep dit uit.
  2. Braai die uie en knoffel in dieselfde kastrol tot deurskynend. Skep die lamskenkels terug in die kastrol en voeg die res van die bestanddele, behalwe die brood, by.
  3. Plaas die deksel op en laat prut dit oor lae hitte vir ’n uur of tot die lamskenkels sag is.
  4. Sny elke brood in drie gelyke dele. Hol die sagte broodgedeeltes effens uit sodat dit ’n bakkie vorm.
  5. Skep die warm vleis in elke uitgeholde brood en sit dit dadelik voor.

Resep: Gunsteling Suid-Afrikaanse kos

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê Johan

Ons moes ongelukkig die funksie wat mens toelaat om teks op die webwerf te kopieer of dat iemand kan regsklik en dan die dokument te kan stoor, deaktiveer, aangesien sommige webwerwe ons inligting onregmatig gebruik het.

Maak gerus óf ʼn skermskoot óf klik regs bo op jou webblaaier (“browser”) op die knoppie wat soos drie horisontale lyntjies lyk (op Chrome en Firefox) of ʼn sirkelvormige ratjie (Internet Explorer). Dit maak verdere opsies oop en daar kan jy dan die dokument in ʼn .pdf-formaat stoor of uitdruk.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.