Soorte resepte:

Resep: Colombiaanse vleis-en-groentebredie

Colombiaanse-vleis-en-groentebredie

Colombiaanse vleis-en-groentebredie. Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.

Lewer 4 tot 6 porsies.

Bestanddele:

  • 750 g maer beesvleis, in blokkies gesny
  • 1 middelslagui, gekap
  • 1 groot knoffelhuisie, gekneus
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml sout
  • 5 ml karwysaad, gestamp
  • 2 ml peper
  • 625 ml vleisaftreksel
  • 2 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
  • 2 groot selderystingels, in lengtes van 5 cm gesny
  • 50 ml tamatiepasta
  • 3 suikermielies, elk in derdes gebreek
  • 250 ml vars of bevrore groenertjies
  • 2 ml droë orego

Metode:

  1. Plaas die vleis, ui, knoffel, lourierblaar, sout, karwysaad, peper en aftreksel in ‘n groot kastrol, sit die deksel op en prut 60 tot 90 minute lank tot die vleis sag is.
  2. Voeg die aarappels, seldery en tamatiepasta by en prut 20 minute lank of tot die groent sag is.
  3. Verwyder die lourierblaar.
  4. Voeg die mielies, ertjies en orego by en kook sowat 10 minute lank tot gaar.

Bron:

Huisgenoot Wenresepte 1 deur Anette Human word uitgegee deur Human & Rousseau. Vir meer inligting oor die boek besoek NB-uitgewers se webwerf of lees Maroela Media se artikel oor die gewilde resepteboek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.