Soorte resepte:

Resep: Geurige hoender-pregorolletjies

Geurige hoender-pregorolletjies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié prego’s kry ʼn lekker byt met jalapeno-rissies.

Bedien 4-6

Bestanddele

MARINADE

  • Clover Tropica-pynappelsap
  • gesmelte Clover Springbok-botter
  • 1 e (15 ml) cajun- of Mexikaanse speserymengsel
  • 4-6 hoenderborsfilette, platgedruk
  • OPDIENING
    1 pynappel, geskil en gesny
  • 4-6 meelbestrooide of ciabatta-rolletjies
  • ¼ k (60 ml) mayonnaise
  • 1 pakkie gemengde slaaiblare of roketblare
  • 4-6 skyfies Clover-cheddar- of goudakaas
  • ¼ k (60 ml) jalapeño-rissies, in skyfies gesny

Metode

  1. Meng die marinadebestanddele deeglik en verf oor die hoender. Bedek en verkoel in die yskas vir ten minste 30 minute.
  2. Verwyder hoender uit die marinade en rooster op die braai vir 4-5 minute aan elke kant tot gaar en sag.
  3. Rooster die pynappelskywe op die braai, 2-3 minute aan elke kant. Verf die oorblywende marinade oor die pynappel terwyl dit rooster.
  4. Rangskik die slaaiblare op die rolletjies, skep ʼn bietjie mayonnaise op en plaas die hoender op.
  5. Rond die pregorolletjies af met ʼn skyfie kaas, van die geroosterde pynappel en jalapeñoskyfies.

Bron: Gunsteling Braairesepte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.