Partykeer is ʼn heerlike bak warm huiskos al wat jy nodig het om deur die week te kom.Genoeg vir 4-6
Bestanddele
KAAPS-MALEISE VISKERRIE
- 1 e (15 ml) olie
- 2 e (30 ml) Clover Springbok-botter
- 2 uie, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 e (15 ml) fyngerasperde vars gemmer
- 1 e (15 ml) matige kerriepasta
- 1 e (15 ml) fyn komyn
- 2 t (10 ml) fyn koljander
- 2 t (10 ml) borrie
- 1 x 410 g-blik gekapte tamaties
- 1½ k (375 ml) water
- 750 g ferm wit visfilette, in groot blokkies gesny
- 100 g kersietamaties
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 1 hand vol babaspinasieblare, opsioneel
- ½ k (125 ml) Clover room
- 2 e (30 ml) vars koljander
GEELRYS
- 200 g halfgaar rys
- 1 k (250 ml) water
- 1 k (250 ml) Clover Krush 6 Fruits and Fibre-sap
- 2 t (10 ml) borrie
- ¼ k (60 ml) sultanas
- 5 kardamomsade, gekneus
- 3 lourierblare
- 1 kaneelstokkie
- sout en varsgemaalde swartpeper
- 3 e (45 ml) Clover Farmstyle-botter
Metode
VISKERRIE
- Verhit die olie en botter in ʼn pan of kastrol en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag. Voeg die gemmer, kerriepasta, komyn, koljander en borrie by en braai vir 1-2 minute.
- Roer die gekapte tamaties en water by en prut vir 10-15 minute.
- Voeg die visfilette en kersietamaties by en geur na smaak met sout en peper. Bedek die kastrol en prut vir 3-4 minute.
- Voeg die babaspinasieblare, room en vars koljanderblare by. Roer liggies en prut vir 2-3 minute of tot die vis gaar en die spinasieblare net verlep is. Dien dadelik met geelrys op.
GEELRYS
- Plaas al die bestanddele, behalwe die botter, in ʼn pan en bring tot kookpunt.
- Prut vir 15-20 minute of tot rys net sag is.
- Dreineer enige ekstra vloeistof. Geur na smaak en roer die botter deur die rys.]
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa
Ek wil baie graag die resepte wat julle met ons deel, uittoets. Maar ek kan dit nie aflaai nie. Ek wil nie die resepteboek koop nie. Ek het nie plek op my rakke vir nog ‘n boek nie. Hoe nou gemaak om die resep in die hande te kry?
Regs klik op die foto dan kan jy dit “print” of “save”.
As jy nog nie reggekom het nie, kyk regs bo-aan jou skerm is daar 3 x … onder mekaar.
Klik net daarop, dan verskyn die print opsie.