Bestanddele:
3 eiers
375 ml melk (1½ k)
1 ui, gekap
1 tamatie, gesny
½ soetrissie, gekap (opsioneel)
10 ml botter (2 t)
100 g Cheddar-kaas, gerasper (250 ml) (1 k)
1 blik soutvleis (300 g)
200 g Weense worsies (vars of geblik)
2 hardgekookte eiers
10 ml gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
5 ml droë mosterd (1 t)
25 ml meelblom (2 e)
60 g spekvleis
5 ml Aromat (1 t)
Metode:
1. Klits die eiers en melk saam.
2. Soteer die ui, tamatie en soetrissie in die botter.
3. Meng al die bestanddele saam.
4. Gooi die mengsel uit in ‘n gesmeerde pyrex bak en bak 30 – 45 minute lank (180°C) (350°F)
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636
Julle respete lyk baie lekker. Ek gaan dit regtig probeer.