Soorte resepte:

Resep: Maalvleis en noedelgereg

Argieffoto (gunpowderbison.com)

Argieffoto (gunpowderbison.com)

LET WEL: Maroela Media het die resep publiseer presies soos dit in Knuppeldik opgeteken is. Dit is moontlik dat hulle met die “noedelgereg” verwys na die spinasie-lasagne. Maroela Media stel voor dat jy enige ander noedels ook kan gebruik om ‘n ewe heerlike gereg voor te berei. Die naam moes vermoedelik “Maalvleis en pastagereg” wees.

Hoop dit help!
Groetnis
Suné
namens Maroela Media
Bestanddele:
200 g spinasiesnysels
soutwater om in te kook
50 ml botter (4 e)
375 ml melk (1½ k)
3 ml sout
5 ml Aromat (1 t)
1 ml swartpeper
5 ml aangemaakte mosterd (1 t)
100 g Cheddar-kaas gerasper (250 ml) (1 k)
1 groot ui gekap
12, 5 ml olie (1 e)
600 g maalvleis
25 ml tamatiepasta (2 e)
bietjie paprika om oor te sprinkel

Metode:
Stap 1:
1. Kook spinasiesnysels in soutwater tot gaar.
2. Verwyder van hitte en dreineer.
3. Plaas eenkant.
4. Berei witsous deur botter in kastrol te smelt en koekmeelblom by te roer.
5. Roer oor hitte vir 1 minuut.
6. Voeg melk geleidelik by en roer oor baie lae hitte tot sous glad en dik is.
7. Geur met sout, peper, mosterd en helfte van kaas.
8. Roer tot gemeng.
9. Soteer ui in olie vir 2 minute, voeg vleis en tamatiepasta by en roer oor hitte tot vleis begin verbruin.
10. Strooi Aromat oor vleis.
11. Verwyder van hitte.

Stap 2:
1. Skep vleis op bodem van gesmeerde, vuurvaste oondskottel.
2. Skep spinasiesnysels bo-op.
3. Gooi witsous oor en sprinkel oorblywende kaas bo-op.
4. Sprinkel bietjie paprika oor en bak in voorverhitte oond van 180°C tot kaas gesmelt en ligbruin bo-op is, ongeveer 20 minute.

Dien dadelik op.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Annette

Ons het die resep publiseer presies soos dit in Knuppeldik opgeteken is.
Ons is nie seker of hulle moontlik na die spinasie-lasagne verwys nie? Maar ek is seker jy kan enige noedels gebruik en ‘n ewe heerlike gereg voorberei.
Ons vermoed dat dit moontlik “Maalvleis en pastagereg” moes wees.

Hoop dit help!
Groetnis
Suné
namens Maroela Media

Sune van Heerden ·

Dagsê Kobus

Ons het die resep publiseer presies soos dit in Knuppeldik opgeteken is.
Ons is nie seker of hulle moontlik na die spinasie-lasagne verwys nie? Maar ek is seker jy kan enige noedels gebruik en ‘n ewe heerlike gereg voorberei.
Ons vermoed dat dit moontlik “Maalvleis en pastagereg” moes wees.

Hoop dit help!
Groetnis
Suné
namens Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.