Soorte resepte:

[Video] Vadersdag-bederf: Steak met bloukaas en vye

Skermkoot uit die video

Bederf jou pa hierdie Vadersdag met ʼn lekker stuk steak. Bekende koskenner Lochner de Kock en Mikael Morkel van Centurion, wat voorheen aan Kokkedoortjie deelgeneem het, wys jou hoe maklik dit is om dié dag ekstra spesiaal te maak.

Bestanddele:

Botter
Steak
Vye
Bloukaas

Metode:

Voorverhit oond na 180°C
Gooi bietjie olie in ʼn warm pan
Smelt botter in dieselfde pan
Braai steaks vir ongeveer 1 minuut aan elke kant
Haal pan van stoof af en pak stukke bloukaas en vye op die steaks
Bak steaks by 180°C vir ongeveer 20 minute
Haal uit en geniet!

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jacqueline Morkel ·

Ons kry somtyds vye by ons spar of woolworths maar Ons gaan dit sondag vir ons oupa maak met ingelegde heel groen vye.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.