Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Blomme-en-kaasgereg

Blomme-en-kaasgereg (Foto: Maroela Mediae/Janie Monsieur)

Dié is ʼn resep wat jy nie sommer iewers anders gaan kry nie.

Bestanddele:

  • 1 blok ricotta-kaas
  • 1 koppie cheddarkaas, gerasper
  • 1 houer gladde maaskaas
  • 2 eiers, hardgekook
  • 1 blok bloukaas
  • 1 appel
  • 1 piesang
  • 2 e roosstroop
  • 1 t olyfolie
  • eetbare blomme van jou keuse

Metode:

  1. Maak ricotta fyner met ’n lepel en meng dit saam met die cheddar en maaskaas in ʼn bak.
  2. Kap eiers grof en voeg by kaasmengsel.
  3. Sny bloukaas in growwe stukke en voeg by.
  4. Sny appel en piesang grof en meng by kaasmengsel.
  5. Meng roosstroop by kaasmengsel in.
  6. Smeer ’n diep bak met olyfolie en plak blomme teen die binnekant van die bak vas.
  7. Skep die kaasmengsel in die blommebak. Druk dit vas sodat dit solied in die bak is.
  8. Dop die bak op ’n bord om en lig die bak van die kaasmengsel af.
  9. Bedien met beskuitjies en nog blomme bo-op.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tess ·

Lochner, dis nou die mooiste!!!!!!!!!!!!! dankie -beslis lekker ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.