Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Franse uiesop

Franse uiseop (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dié sop maak jy blitsvinnig! Kyk hier hoe Lochner de Kock dit maak.

Bestanddele

  • 1 sny Franse brood
  • pecorinokaas
  • ½ ui
  • sojasous
  • beesaftreksel

Metode

  1. Sprinkel kaas oor die sny brood en sit dit eenkant.
  2. Braai ui met sojasous tot dit verbruin.
  3. Sit die gebraaide ui in ʼn glas en giet beesaftreksel daaroor.
  4. Druk die broodjie bo-op in.
  5. Bak dit vir 10 tot 15 minute teen 200 °
  6. Eet warm met ʼn lepel uit die glas uit.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Arsène Lupin ·

Ek kan ongelukkig nie die video oopmaak nie.
Hoeveel ml sojasous, en aftreksel asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.