Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Koringslaai

Koringslaai (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Kyk hoe maak Lochner dié week ʼn lekker koringslaai!

Bestanddele

  • ʼn handvol sampioene, grofgekap
  • ½ ui, gekap
  • seldery, fyngekap
  • 2 e soetrissiesous
  • ½ appel, grofgekap
  • ongeveer 10 rosa-tamaties
  • stampkoring
  • water

Metode

  1. Maak die koring vooraf gaar deur twee keer soveel water as koring saam te meng en dit oor ʼn lae hitte te kook tot die water afgekook is. Vergiet die koring.
  2. Voeg al die bestanddele saam, behalwe die koring en water, en meng dit in ʼn bak.
  3. Verhit dié mengsel in ʼn pan op die stoof en voeg die koring daarby. Meng dit deur in die pan en bedien warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.