Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Mosselkoekies

Mosselkoekies (Foto: Maroela Media/ Janie Monsieur)

Seekosliefhebbers sal mal wees oor dié alternatief vir ʼn viskoekie!

Bestanddele

  • 1 blokkie visaftreksel
  • bietjie seldery
  • 1 klein rooi ui, fyngekap
  • 1 x 500 g-pak mossels
  • 2 aartappels, saggekook
  • 3 sampioene, grofgekap
  • olyfolie
  • vars vinkel en koljander
  • 1 k meel
  • 2 eiers
  • sout en peper

Metode

  1. Gooi die visaftreksel, seldery, ui en mossels saam in ʼn pot en laat dit prut vir ʼn rukkie. Dreineer en hou eenkant.
  2. Druk aartappels effens fyn in ʼn mengbak en voeg sampioene by. Gooi ʼn bietjie olyfolie oor en snipper vinkel en koljander by.
  3. Meng meel in en voeg dan die mossels by die meelmengsel.
  4. Roer eiers, nog ʼn bietjie olie, sout en peper by die mosselmengsel in.
  5. Braai in ʼn bietjie olie in ʼn warm pan en bedien saam met slaai.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vis en seekos, Voorgeregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.