Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Sateé Bali

Sateé Bali (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Het jy al ooit ʼn sous met grondboontjiebotter gemaak?

Bestanddele

  • 1 hoenderborsie, met olyfolie, sout en peper gegeur
  • 3 sampioene, in die helfte gesny

SOUS

  • uie, gekap en gebraai
  • ½ suurlemoen se sap
  • 2 t kerriepoeier
  • 1 k klappermelk
  • 3 e grondboontjiebotter
  • 2 t borrie

Metode

  1. Sny die hoenderborsie in dun repies.
  2. Ryg een repie op ʼn sosatiestokkie en druk dan ʼn sampioenstuk daaraan, herhaal drie keer.
  3. Braai tot gaar.

SOUS

  1. Meng al die bestanddele saam in ʼn potjie.
  2. Verhit die sous op die oond en gooi die borrie by. Verhit verder tot dit verdik.
  3. Dien saam met die hoendersosaties op.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Piet ·

Wat is die probleem Annemarie, wat verstaan jy nie omtrent “punt 5” nie?

Karien ·

Piet, Annemarie het die vraag gevra voordat hulle nr 5 se bewoording verander het, was vir my ook deurmekaar, sien dis nou reggestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.