Het jy al ooit ʼn sous met grondboontjiebotter gemaak?
Bestanddele
- 1 hoenderborsie, met olyfolie, sout en peper gegeur
- 3 sampioene, in die helfte gesny
SOUS
- uie, gekap en gebraai
- ½ suurlemoen se sap
- 2 t kerriepoeier
- 1 k klappermelk
- 3 e grondboontjiebotter
- 2 t borrie
Metode
- Sny die hoenderborsie in dun repies.
- Ryg een repie op ʼn sosatiestokkie en druk dan ʼn sampioenstuk daaraan, herhaal drie keer.
- Braai tot gaar.
SOUS
- Meng al die bestanddele saam in ʼn potjie.
- Verhit die sous op die oond en gooi die borrie by. Verhit verder tot dit verdik.
- Dien saam met die hoendersosaties op.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
wat is punt 5 by die sous dit maak nie sin nie
Wat is die probleem Annemarie, wat verstaan jy nie omtrent “punt 5” nie?
Piet, Annemarie het die vraag gevra voordat hulle nr 5 se bewoording verander het, was vir my ook deurmekaar, sien dis nou reggestel.