Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Seekospakkie

Seekospakkie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Kyk wat maak Lochner in hierdie week se episode!

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • ½ ui, gekap en gebraai
  • 1 tamatie, in blokkies gesny
  • ½ appel, in blokkies gesny
  • ¼ geel soetrissie, in blokkies gesny
  • ½ suurlemoen se sap
  • 1 e olyfolie
  • ½ k sampioene, grofgekap
  • 1 murgpampoentjie, in repies geskil
  • 1 blikkie tuna
  • ¼ k garnale
  • 3 t botter
  • 2 e konfyt van jou keuse
  • balsamiese reduksie

Metode

  1. Voer ’n bak uit met foelie.
  2. Gooi uie onder in en versprei effens.
  3. Gooi nou die al die res van die bestanddele in die uitgevoerde bak.
  4. Vou die foelie toe sodat dit ʼn pakkie vorm. Plaas in ʼn oondbak en bak vir 15-20 minute teen 180 °

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Vis en seekos, Voorgeregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae