Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Spaanse spek met ham

Spaanse spek met ham (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Genoeg vir 1

Bestanddele

  • vinkel en dille
  • 2 skywe spanspek
  • 4 velle gerookte ham

SOUS

  • 3 e kondensmelk
  • 1 e ingedampte melk
  • 1 t mosterdpoeier
  • gedroogte klapper
  • sout en peper

Metode

  1. Pak vinkel en dille in ʼn bord om die basis van die gereg te vorm
  2. Sny die spanspekskywe uit hul skille uit. Vou twee snye gerookte ham om elke stuk spanspek. Sit dit ook op die bord neer.

SOUS

  1. Meng kondensmelk, ingedampte melk en mosterdpoeier in ʼn aparte bakkie. Gooi dit oor die spanspek.
  2. Sprinkel gedroogte klapper bo-oor en geur met sout en peper.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.