Soorte resepte:

Resep: Aartappel-en-uie-sop

Aartappel-en-uie-sop (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié sop sal goed afgaan op ʼn wintersaand!

Bestanddele

  • 1½ k hoenderaftreksel
  • 5 groot gaar aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 15 ml botter
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 250 ml room

Metode

  1. Giet die hoenderaftreksel in ʼn kastrol en voeg die aartappelblokkies by.
  2. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat die mengsel vir 20-30 minute oor matige hitte prut tot die aartappels sag is.
  3. Maak die sagte aartappelblokkies goed fyn in die hoenderaftreksel.
  4. Verhit die botter in ʼn pan en soteer die ui tot sag en deurskynend.
  5. Voeg die uie by die sopmengsel en roer deur.
  6. Roer die room deur die sop en dien op met vars broodrolletjies.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.