Hierdie is die perfekte voorgereg, peuselhappie óf bykos saam met aandete.
Bestanddele
- 2 avokado’s
- 1 x 250 g bakkie gegeurde maaskaas (“Cheese & Chives” of “Garlic & Herb”)
- 5 ml suurlemoensap
- 1 x 170 g blikkie tuna
- blaarslaai, in repe gesny
- komkommerskyfies (opsioneel)
- kersietamaties, gehalveer (opsioneel)
- selderystokkies (opsioneel)
- wortelstokkies (opsioneel)
Metode
- Sny die avokado’s in die helfte en skep die vlees in ‘n bakkie uit. Behou die heel skille.
- Voeg die maaskaas by die avokado’s en meng goed.
- Dreineer die tuna, voeg dit by die avokadomengsel en roer dit deur.
- Skep die mengsel in die avokadoskille.
- Rangskik die blaarslaai en res van die slaaibestanddele (indien gebruik) op ’n dienbord en plaas die avokadohappies daarop.
- Geniet dit saam met knoffelrolletjies.
Bron: Kook saam Kaaps
Uitgewers: Lapa