Daar is geen beter trooskos om die winterkoue te verdryf as lekker sop nie; nóg beter en trots-Suid-Afrikaans is biltongsop; nóg beter – sit voor binne-in ʼn kraakvars broodrolletjie. Dié resep is van sjef Marius Hammond wat al jare lank die mae vol hou by Duck & Dine in Akasia in die noorde van Pretoria.
Bestanddele
- 250 g botter
- 1 t fyngedrukte knoffel
- gedroogde pietersielie
- +/- ½ k koekmeel
- 1 liter melk
- 250 ml vars room
- sout en peper na smaak
- +/- 250 ml biltongpoeier
- 1 k gerasperde cheddarkaas
Metode
- Smelt die botter in ʼn kastrol en voeg knoffel en pietersielie by. Voeg die meel stadig by en roer gedurig met ʼn draadklopper om klonte te verhoed. Voeg die meel by totdat dit ʼn puree vorm.
- Voeg die melk bietjie vir bietjie by en roer teen ʼn goeie spoed tot die mengsel dik en romerig is. Voeg sout en peper na smaak by.
- Verlaag die hitte en hou aan roer vir sowat 10 minute. Maak seker daar is geen klonte in die mengsel nie. Voeg die room en biltong by en en maak deurwarm. Gooi kaas by en hou aan roer.
- Sny die bokant van ʼn kraakvars broodrolletjie oop, hol dit uit en skep die sop met ʼn lepel in die holte. Sit dadelik voor.
Bron: Marius Hammond, sjef by Duck & Dine
Wanneer voeg ‘n mens die room by?
Dagsê Anya
Ons vra om verskoning vir die oorsig, die room word saam met die biltong en kaas bygevoeg. Die berig is gewysig.
Groete
Phillip Bruwer
nms. Maroela Media
Hoeveel persone kan omtrent aan hierdie sop eet