Soorte resepte:

Resep: Chinese varkrolletjies met soetsuur pruimsous

Sjinese-varkrolletjies

Foto: Nina se kombuis

Lewer 20 rolletjies

Bestanddele:

Vir die soetsuur pruimsous

  • 20 klein pruime
  • 6 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
  • 1 rooi-ui, geskil en fyngekap
  • 12 cm vars gemmer, geskil en fyngekap
  • 50 ml sojasous
  • 1 klein rooi brandrissie, ontpit (opsioneel), fyngekap

Vir die vulsel

  • 200 g varkmaalvleis
  • 1 mediumgroot wortel, geskil en gerasper
  • 2 sprietuie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, geskil en fyngekap
  • 10 cm stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
  • 30 ml dik sojasous
  • 10 ml koekmeel
  • 5- 10 ml sesamolie
  • ‘n knippie sout

Vir die rolletjies

  • 20 Chinese ‘spring roll’-velle, beskikbaar by Chinese supermarkte
  • 40 ml koekmeel
  • 40 ml water
  • olie vir diepbraai

Metode:

  1. Sny die pruime in die helfte en verwyder die pitte. Sny die helftes in klein stukkies.
  2. Meng met al die ander bestanddele in ʼn pot en laat prut vir sowat 20 minute oor lae hitte.
  3. Laat effens afkoel, giet die mengsel in die voedselverwerker en verwerk tot glad.
  4. Laat afkoel tot kamertemperatuur, skep in glasbakkies en sit voor met die Sjinese rolletjies.

Vir die vulsel

  1. Meng al die bestanddele vir die vulsel en hou eenkant in ʼn bak.

Vir die rolletjies

  1. Plaas een van die velle diagonaal op jou werkoppervlak. Meng die meel en water in ʼn aparte bakkie – dit sal jou ‘gom’ wees.
  2. Skep van die vulsel net onder die middel van die deegvel. Smeer die kante van die deegvel met die meelmengsel.
  3. Vou nou die onderste punt oor die vulsel en vou dan die twee hoeke middel toe om ʼn koevertjie te vorm. Rol nou die rolletjie verder op. Herhaal met al die ander velle.
  4. Verhit die olie tot omtrent 190°C en braai die rolletjies, ʼn paar op ʼn slag, tot die vulsel gaar en die buitekant bros en goudbruin is.
  5. Sit voor met die soetsuur pruimsous.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsabe Franken-Jordaan ·

Verskoning as ek nou ‘n dom vraag vra….wat maak hierdie sous soet? Ek sien geen suiker en pruime kan maar lekker suur wees! Ek is tans besig om pruimblatjang te kook en wonder maar net!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.