Gaan jy die naweek braai? Hier is die perfekte bygereg!
Bestanddele
DEEG
- 4 k (1 kg) koekmeel
- 1 x 10 g pakkie kitsgis
- 1 e (15 ml) suiker
- 2 t (10 ml) sout
- 1 t (5 ml) droë roosmaryn
- 3 e (45 ml) olyfolie
GEKARAMELLISEERDE UIE
- 1 e (15 ml) olyfolie
- 3 e (45ml) Clover Springbok-botter
- 2 uie, dun gesny
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- 1 t (5 ml) suiker
- 1 t droë roosmaryn
- Sout en varsgemaalde peper
BOLAAG
- ½ k (125 ml) Clover-fetakaas
- Olyfolie, om te bedruip
Metode
DEEG
- Plaas die meel, gis, suiker, sout en roosmaryn in die bak van ’n elektriese menger met ’n deeghaak.
- Voeg die olie en net genoeg warm water by en meng teen ’n lae spoed om die mengsel te bind. Knie vir 5 minute met die deeghaak tot glad.
- Plaas oor na ’n lig gesmeerde mengbak en bedek met kleefplastiek. Sit eenkant in ’n warm plek om vir 45-60 minute te rys.
- Knie die deeg af en verdeel in twee. Rol die deeg in twee ovale uit op ’n meelbestrooide oppervlak.
- Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Bedek met ’n vadoek en laat vir 25-30 minute rys. Voorverhit die oond tot 190 °C.
- Gebruik ’n houtlepel se steel om duike in die bokant van die deeg te maak. Strooi die fetakaas oor, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper.
- Bak vir 20-30 minute. Rond die foccaccia met die gekaramelliseerde uie af en bak tot goudbruin en bros.
GEKARAMELLISEERDE UIE
- Verhit die olyfolie en botter in ’n pan en braai die uie liggies oor ’n lae hitte vir 12-15 minute tot sag.
- Voeg die knoffel, suiker en roosmaryn by en braai vir 4-5 minute. Geur met sout en peper. Sit eenkant om af te koel.
Bron: Gunsteling Braairesepte
Uitgewer: Lapa