Soorte resepte:

Resep: Gevulde eiers

(Foto: Pixabay)

Gevulde eiers is ’n wenner wanneer jy dié naweek die langpad aandurf of selfs net lus het vir ʼn peuselhappie.

Lewer 12

Bestanddele:

  • 6 hardgekookte eiers, afgedop

Vir die sous

  • 45 ml mayonnaise
  • 15 ml tamatiesous
  • 5 ml Worcestershire-sous
  • 2 ml mosterdpoeier
  • sout en peper na smaak (oorweeg ook Aromat)
  • pietersielie of rooi soetrissie vir garnering

Metode:

  1. Halveer die eiers in die lengte. Haal eiergele uit, plaas in ʼn mengbak en druk fyn.
  2. Meng die souse, geur met Aromat, peper en mosterd. Voeg dit bietjie vir bietjie by die eiergele en meng deeglik.
  3. Skep mengsel in die eierwitholtes en garneer met gekapte pietersielie of rooi soetrissie.

WENK:

  1. Om seker te maak die eiergeel bly in die middel, roer die eiers met ‘n lepel sodra die water begin kook. Die eiermengsel kan ook vooraf voorberei en in ‘n yskas gebêre word tot benodig.

Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewers: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Annalie ·

Maklike manier om eiergeel mengsel weer in uitgeholde witte te kry is om skoon plastiek (toebroodjie) sakkie te skep en hoekie af te knip. Versiersak werk ook. Vul eiers teen helfte van die tyd en mors.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.