Soorte resepte:

Resep: Groentesop

Groentesop (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié maklike groentesop is perfek vir die winter!

Bestanddele

  • 6 wortels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 2 aartappels, geskil en in klein blokkies gesny
  • 3 sopbene
  • ʼn paar stukkies stowebeesvleis
  • 2 ℓ water
  • 1 x 500 g pakkie droë sopmengsel
  • 2 blokkies beesvleisaftreksel, gekrummel
  • sout en peper na smaak

 

Metode

  1. Plaas die wortels, aartappels, sopbene, stowe­beesvleis en water in ʼn kastrol.
  2. Verhit stadig tot kookpunt, verminder die hitte en laat die mengsel vir 1 ½ uur prut.
  3. Verminder die hitte en roer die droë sopmengsel en aftrekselblokkies goed deur die sop.
  4. Geur met sout en peper.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kok ·

Die droë sopmensel word gaar as dit vir dit vir 1 en 1/2 uur prut.
As jy dit heeltemal pap wil hê kan jy dit vooraf eers heeltemal fyn kook fyn druk en dan dit byvoeg. Keuse is joue.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.