Soorte resepte:

Resep: Ham-en-kaaspasteitjies

Ham-en-kaaspasteitjies (Foto: Lapa uitgewers)

Hierdie pasteitjie is perfek vir daardie leë gaatjie in jou maag.

Genoeg vir 4

Bestanddele

  • 1 x 400 g-rol skilferkorsdeeg (puff pastry), ontdooi
  • soetrissiesous
  • dik skywe ham
  • dik skywe mozzarella- of cheddarkaas
  • 1 eierwit, geklits met 2 ml sout

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 190 °C en smeer ʼn bakplaat.
  2. Rol die deeg in sirkels of vierkante uit op ʼn meelbestrooide oppervlak.
  3. Verf ʼn lagie van die soetrissiesous oor die deeg en pak ʼn paar skywe ham en kaas daarop. Smeer eierwit aan die deegrande, vou die deeg toe en druk die deeg met jou vingers of ʼn vurk vas.
  4. Pak die pasteitjies op die voorbereide bakplaat, verf van die eierwit oor en plaas dit vir 15 minute in die yskas.
  5. Plaas in die oond en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

Wenk

Jy kan die ham met enige kouevleissnit of worsies van jou keuse vervang.

Resep: Marilyn Kuier en Kook
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.