Soorte resepte:

[Resep] Hap saam met Lochner: Brekfisnessies

Lochner de Kock (Foto: Skermgreep uit die video)

ʼn Nuwe manier om eier, spek en kaas voor te sit. Kyk hier hoe Lochner dié maklike en lekker ontbyt maak.

Bestanddele:

  • olyfolie
  • 1 pak skouerspek
  • 1 piesang
  • spinasie
  • eiers
  • tamatie
  • kaas, gerasper
  • grasuie

Metode:

  1. Smeer ʼn muffinpan met olyfolie.
  2. Plaas spek in muffinpan.
  3. Sny piesang in klein wieletjies en plaas dit in die speknessie.
  4. Breek stukkies spinasie af en voeg dit ook by.
  5. Breek nou ʼn eier in elke holte en gooi ʼn klein tamatie in elk.
  6. Sprinkel laastens kaas en grasuie oor.
  7. Bak vir 5 tot 10 minute teen 180 °C tot eier gaar is.
  8. Sit dadelik voor.

Sien gerus in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Sien al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. -Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.