Soorte resepte:

Resep: Hoe om basiese risotto te maak

Basiese risotto (Foto: Lapa-uitgewers)

Risotto is ʼn deftige rysgereg wat in baie restaurante bedien word, maar dit hoef nie tot restaurante beperk te word nie. Maak só jou eie risotto!

Bestanddele

  • 25 g botter
  • 25 ml olyfolie
  • 1 groot uit, fyngekap
  • 150 g arborio-rys
  • 60 ml droë witwyn
  • 1 ℓ warm visaftreksel

Metode

  1. Verhit die botter en olie in ʼn groot kastrol met regaf kante.
  2. Voeg die ui by en soteer tot sag.
  3. Voeg die rys by die kastrolinhoud en roer dit versigtig om totdat elke ryskorrel met botter bedek is.
  4. Voeg die witwyn by en roer liggies totdat dit geabsorbeer het.
  5. Gebruik ʼn 150 ml-soplepel en voeg een lepelvol warm aftreksel by die rys. (Enige vloeistof wat by die rys gevoeg word terwyl dit kook moet warm wees. As ʼn koue vloeistof gebruik word, sal dit die ryskorrels skok, wat ʼn onsmaaklike tekstuur tot gevolg sal hê.)
  6. Roer oor matige hitte totdat die aftreksel geabsorbeer is en die rys amper droog is.
  7. Voeg nog ʼn soplepel vol aftreksel by en herhaal die proses. Moenie meer as een soplepel aftreksel op ʼn keer byvoeg nie. Hou op met aftreksel byvoeg wanneer die rys sag maar steeds ferm (al dente) is. Die rys moet baie vogtig en romerig wees, maar nie loperig nie. Dit behoort omtrent 20 minute te neem. Op hierdie punt het jy ʼn basiese risotto.
  8. Jy kan verskillende soorte groente, kruie en kaas byvoeg om verskeie geurige risotto’s te maak.

Bron: Die Suid-Afrikaanse vis-en seekos kookboek

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.