Soorte resepte:

Resep: Kaassouflé met vye en balsemiekstroop

Kaassouflé met vye en balsemiekstroop (Foto: Lapa-uitgewers)

Met haar kulinêre waagmoed en kookvernuf het ʼn jong meisie van Namibië, Hantie Boltman, al ʼn hele rits gesogte toekennings ontvang, onder meer as die Namibiese Sjef van die Jaar. In Suid-Afrika was sy Clover se Sjef van die Jaar. Hierdie resep is haar skepping. Die jong sjefs wat saam met Riana Scheepers gewerk het, het hierdie soufflé ʼn volle 10 uit 10 gegee.

Bestanddele

  • 500 ml (2 k) balsemiekasyn
  • 250 ml (1 k) witsuiker
  • 4 gedroogde vye, gehalveer
  • 8 blokkies fetakaas met swartpeper
  • 8 repe ontbytspek

SOUFFLÉ

  • 120 g botter
  • 120 g koekmeel
  • 600 ml (2 ⅖ k) vars volroommelk
  • 8 groot plaaseiers, geskei
  • 220 g beleë kaas, soos ses maande oue cheddar- of Gryuère-kaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
  2. Kook die balsemiekasyn en suiker saam totdat dit ʼn dik stroop vorm.
  3. Druk ʼn blokkie fetakaas in elke vyhelfte en draai dit toe met die spekrepe.
  4. Smelt die botter en roer die meel in om ʼn roux te vorm. Roer die melk in en kook totdat die mengsel verdik.
  5. Verwyder dit van die hitte en roer die eiergele in.
  6. Voeg die kaas by en roer totdat dit gesmelt het.
  7. Klits die eierwitte tot die sagtepuntstadium en vou dit by die kaasmengsel in.
  8. Smeer 8 ramekins deeglik met botter en bestrooi dit liggies met meel.
  9. Gooi die mengsel in die ramekins en plaas op ʼn bakplaat. Bak dit vir 10 tot 12 minute of tot goudbruin.
  10. Plaas die vye ook in die oond, op dieselfde bakplaat, en bak dit tot die spek gaar en krakerig is.
  11. Rangskik die vye bo-op die soufflé en drup die balsemiekasynstroop oor.

Bron: Vallei van melk en heuning

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.