Soorte resepte:

Resep: Mini-seekos-quiche

Mini-seekos-quiche (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Heerlike seekosdis vir enige maaltyd!

Genoeg vir 4 mense

Bestanddele

DEEG

  • 375 ml koekmeel
  • 2 ml sout
  • 60 ml koue botter of margarien
  • 1 eiergeel
  • 30 ml yswater
  • 10 ml suurlemoensap
  • 60 ml kookolie

SEEKOSVULSEL

  • 15 ml kookolie of botter
  • I klein ui of 4 sprietuie, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, gerasper
  • 150 g garnale (prawns)
  • 150 g gaar mossels
  • 3 ml gedroogde tiemie
  • 100 ml fetakaas, gekrummel, of cheddarkaas, gerasper
  • 3 groot eiers
  • 125 ml room
  • 125 ml melk
  • 20 ml rissiesous (opsioneel)
  • 3 ml suurlemoenpeper

Metode

DEEG

  1. Sif die meel en sout saam in ʼn Voeg die botter liggies met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos broodkrummels lyk.
  2. Klits die eiergeel, yswater, suurlemoensap en olie saam. Giet dit oor die meelmengsel en knie die deeg tot glad en elasties.
  3. Vorm die deeg in ʼn bal, bedek met kleefplastiek en plaas in die yskas vir 20 minute. Rol die deeg op ʼn meelbestrooide oppervlak uit en druk sirkels met ʼn koekiedrukker of glas uit.
  4. Plaas die sirkels in ʼn gesmeerde muffinpan en druk goed vas. Prik die bodem van die deegsirkels met ʼn vurk en plaas in yskas tot benodig.

SEEKOSVULSEL

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Verhit die olie in ʼn swaarboompan en braai die ui en knoffel tot deurskynend.
  3. Voeg die garnale by, roer vir 1-2 minute en haal die pan van die stoof af. Voeg die mossels en tiemie by die garnale en roer liggies deur.
  4. Skep die seekosmengsel in die voorbereide muffinpan en strooi ʼn bietjie kaas oor elke hopie.
  5. Klits die eiers, room, melk en rissiesous saam. Geur met suurlemoenpeper en giet oor die quiches. Bak vir ongeveer 20-25 minute.
  6. Dien warm of teen kamertemperatuur op met ʼn groenslaai van jou keuse.

Bron: Marilyn kuier en kook!

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan Erasmus ·

Is daar ‘n manier om die resep te druk (print) ek sukkel so op my foon.
En vervang als met hoender en dit werk net so goed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.