Soorte resepte:

Resep: Plat kraakbrood

Plat kraakbrood (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Lekker warm en souterige broodjie is darem net ʼn wenner vir ʼn voorgereg!

Bestanddele

Smeermengsel:

  • 3 e (45 ml) droë tiemie
  • 5 e (75 ml) olyfolie
  • 1 e (15 ml) fyngekapte knoffel

Brood:

  • 1 kg koekmeel
  • 2 x 10 g-pakkies kitsgis
  • 2 e (30 ml) suiker
  • 1 e (15 ml) sout
  • 4 e (60 ml) sonneblomolie
  • 2½ k (625 ml) louwarm water
  • 2 e (30 ml) fyngerasperde parmesaankaas

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ʼn

Smeermengsel:

  1. Meng al die bestanddele goed saam en hou eenkant.

Brood:

  1. Meng die droë bestanddele saam. Meng die olie en water en roer dit deur die droë bestanddele. Knie die deeg vir ʼn paar minute tot glad en elasties.
  2. Bedek die bak met kleefplastiek en laat die deeg op ʼn warm plek rys tot dubbel die grootte.
  3. Vorm suurlemoen-grootte balletjies en rol elk uit tot ± 3 mm dik.
  4. Bak vir 10 minute aan elke kant tot bruin en smeer die smeermengsel oor.
  5. Dien dadelik op. Elke gas kan sy eie bolaag pak, bv. roketblare, parmesaanskaafsels, Parma-ham, avokado, geroosterde kersietamaties, swart olywe of ansjovisfilette.

Wenk

Hierdie brood kan ook op ʼn metaalplaat oor die kole gebraai word.

 

Bron: Koljander, koljander so deur die Bosch

Uitgewers: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Denise ·

Dit klink net T heerlik gan dit defnitief die naweek maak !!!!

VanAfrika ·

Lyk soos die broodtjies wat hulle by Ocean Basket bedien voor ete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.