Soorte resepte:

Resep: Roombroodbolletjie

Roombroodbolletjie (Foto: Lapa-uitgewers)

’n Lekker variasie op gewone knoffelbrood saam met die naweek se braai!

Bestanddele

  • 1 kg klaargemaakte brooddeeg
  • 1 x 40 g pakkie Potato Bake (’n geur van jou keuse)
  • 375 ml melk
  • 250 ml room
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 250 g Cheddarkaas, gerasper

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondpan.
  2. Vorm bolletjies met die brooddeeg en hou eenkant.
  3. Meng die melk, room en fyngekapte knoffel saam.
  4. Meng die Potato Bake met die melkmengsel en giet die helfte van die mengsel in die voorbereide oondpan.
  5. Pak die deegbolletjies in die oondpan en giet die oorblywende melkmengsel oor.
  6. Strooi die gerasperde kaas oor en laat dit ongeveer 30 minute rus sodat die deeg kan rys.
  7. Bak vir ongeveer 45 minute tot gaar.

Bron: Kook saam Kaaps

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.