Soorte resepte:

Resep: Skelviskoekies

Skelviskoekies (Foto: Lapa uitgewers)

Viskoekies is lekker vir enige maaltyd. Hou dit koel en dit kan selfs vir ʼn kosblik werk!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 3 groot aartappels, geskil
  • 1 groenteaftrekselblokkie
  • bietjie olie
  • 2 selderystingels, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 2,5 ml (½ t) gekapte vars knoffel
  • ½ rooi soetrissie, in blokkies gesny
  • ½ groen soetrissie, in blokkies gesny
  • 2,5 ml (½ t) droë gemengde kruie
  • sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml (1 t) Aromat
  • 750 ml (3 k) gevlokte gaar skelvis
  • 187 ml (¾ k) fyngerasperde cheddarkaas
  • 250 ml (1 k) vars broodkrummels
  • 1 ekstragroot eier

AFRONDING

  • 1 eier, geklits
  • 250 g (1 pakkie) droë broodkrummels
  • genoeg olie vir vlakvetbraai

Metode

VISKOEKIES

  1. Kook aartappels saam met aftrekselblokkie in borrelende kookwater tot gaar. Dreineer en druk aartappels fyn terwyl dit nog warm is.
  2. Verhit olie en soteer seldery, ui en knoffel daarin tot sag. Voeg soetrissies by en soteer nog 5 minute.
  3. Voeg kruie by en soteer nog bietjie. Verwyder van hitte en geur met sout, peper en Aromat.
  4. Voeg aartappels, vis, kaas en broodkrummels by uiemengsel. Klits eier en roer by vismengsel.

AFRONDING

  1. Vorm koekies. Doop eers in geklitste eier en rol dan in broodkrummels.

Verhit olie en braai koekies aan albei kante daarin tot goudbruin, ongeveer 5 minute aan elke kant.

 

Bron: Vinnig en maklik: Respete uit Vrouekeuer 3

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.