Dié muffin met spek, fetakaas en spinasie sal jou mond laat water, én dit is blitsvinnig om voor te berei.
Maak 3 groot muffins
Bestanddele:
- 2 k bruismeel
- knippie sout
- Italiaanse kruie na smaak
- 2 eiers, geklits
- ¾ k melk
- ½ k margarien, gesmelt
- 1 e suiker
- 2 wiele fetakaas
- 1 pakkie spek, fyngesny en gaargemaak
- 1 k fyngekapte spinasie
Metode:
Voorverhit oond tot 200 °C
- Meng meel, sout en kruie saam in ʼn mengbak.
- Voeg eiers, melk, margarien en suiker by en meng goed.
- Krummel 1 ½ wiel fetakaas in die beslag in. Meng dan die spek (hou bietjie oor om bo-op die muffin te sit aan die einde) en spinasie by.
- Smeer drie blikbekers goed uit met margarien en skep lepelsvol van die beslag daarin tot ¾ vol.
- Krummel die laaste bietjie fetakaas en spek bo-oor die beslag in die blikbekers.
- Bak die muffins vir 30 minute teen 200 °
- Laat die muffins effens afkoel en dop dit dan uit die blikbeker uit.
Resep: Janie Monsieur
Om aan so-iets te smul laat my liewers gril wat nog van danksegging alvorens jy eet.
Het dit gemaak. Was baie lekker maar kort iets vir smaak – sal volgende keer grasuie/rooi peper/ ….bygooi