Soorte resepte:

Resep-video: Pizza-pakkies

Pizza-pakkies (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Wie hou dan nie van ʼn lekker pizza nie? Maak dié blitsvinnige variasie van ʼn pizza sommer dié week nog vir jou gesin!

Maak ongeveer 10 pakkies

Bestanddele:

  • 1 vel skilferskorsdeeg, effens uitgerol
  • ½ blikkie tamatiepasta
  • 2 koppies kaas, gerasper
  • Italiaanse speserye na smaak

Metode:

  1. Sny die skilferkorsdeeg in reghoekige blokkies.
  2. Smeer tamatiepasta op die deeg, hou wel die randjies van die deeg skoon om dit makliker te maak om later toe te druk.
  3. Sprinkel kaas en speserye op die een helfte van die deeg.
  4. Vou die pakkie toe en druk die kante vas met ʼn vurk.
  5. Sit die pakkies op ʼn bakplaat en bak vir 20 minute teen 180°C.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.