Nie almal hou van wasgoed was nie, maar dié wasgoedbondeltjie klink soos min moeite!
Bestanddele:
- 500 ml koekmeelblom
- 5 ml bakpoeier
- 20 ml botter of margarien
- 1 groot eier
- 125 ml koue water
- 1 kg maalvleis
- 1 ui, fyngekap
- knoffelbotter
- heel kruienaeltjies
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 °C (350 °F ).
- Sif die koekmeelblom en bakpoeier saam.
- Vryf die botter of margarien met die vingers in tot krummelrig.
- Klits die eier en water saam.
- Meng die droë bestanddele met die eiermengsel om ʼn deeg te vorm.
- Rol die deeg dun uit en sny in klein vierkante.
- Maak intussen die maalvleis en die ui in knoffelbotter gaar. Laat afkoel.
- Skep 15 ml (1 e) koue vleis bo-op elke vierkant en vou al vier hoeke om.
- Steek vas met ʼn kruienaetjie in die middel en bak 10 minute lank tot gaar.
Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau