Soorte resepte:

Vreemdste slaaie in ou resepteboek gevind

Foto: lanikei/Instagram

Vir meeste mense beteken “slaai” lekker vars produkte soos tamaties en blaarslaai of dalk ʼn aartappelslaai vir ʼn braai.

Toe Lizzy O’Leary egter op ʼn ou resepteboek, Atlanta Natives’ Favorite Recipes, afkom, het sy die vreemde resepte dadelik op sosiale media gedeel. Die boek is in 1975 gedeel toe gelatien ʼn gewilde bestanddeel was.

Sy het spesifiek die slaairesepte gedeel, wat in vandag se tyd waar ons baie meer bewus is van gesonde disse, beslis die wenkbroue laat lig.

Die boek is beskikbaar op Amazon as die resepte aptytwekkend klink vir jou.

Die Coca-Cola-slaai:
Genoeg vir vier persone.

Bestanddele
1 pakkie lemoenjellie
1 klein pakkie roomkaas
1 groot Coca-Cola (300 ml)
½ koppie neute

Metode
1. Maak seker die roomkaas is kamertemperatuur
2. Meng die jellie in die roomkaas
3. Verhit die Coca-Cola tot kookpunt en gooi oor die roomkaasmengsel
4. Meng, voeg neute by en gooi dit in ‘n jellievorm
5. Laat dit buite staan vir 1 – 2 ure en plaas dit dan in die yskas
6. Die slaai verdeel in drie lae

Só lyk die Coca-Cola-slaai:

Nog vreemde slaaie:

Foto: Lizzie O’Leary/Twitter

Foto: Lizzie O’Leary/Twitter

Foto: Lizzie O’Leary/Twitter

Foto: Lizzie O’Leary/Twitter

Foto: Lizzie O’Leary/Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KrokodilBotha ·

Die bok eet die slaai, ekke eet die bok. Minder skottelgoed. En ek voel goed.

Mariet Landman ·

Ek sou nogal graag wou weet of iemand so braaf gaan wees om van hierdie slaaie te probeer en vir ons laat weet hoe dit proe? Ek onthou hoe ons op geleenthede alles ge-gelatine het, vis (in ‘n heel vis vorm), komkommer slaai, pynappel slaai… maar hierdie ‘Southern Cookbook’het ‘n paar rare bestandele.

Chrisjan ·

Die Florida slaai lyk na my tipe slaai. Sal dit uittoets.

Penellope Jones ·

Gits, nee dankie. Ek en gevormde slaaie is glad nie maats nie.
Ek onthou die gevormde pynappelslaai, gevormde wortelslaai uit my kinderdae wat almal gemaak het – met die beste wil kon ek dit net nie inkry nie.

Matts ·

Dan wonder ek hoe julle sal voel oor my skoonma se kersfeesslaai wat sy gemaak in my man se kinderdae – groen jellie met groen ertjies in! Ag shame, en hulle moes maar eet hoor!

MJ ·

As dit nie kraak in jou mond nie, is dit nie slaai nie. Hierdie lyk eerder na iets wat saam met sout koekies of skyfies sal kan werk – ‘n chip en dip!

Phillip ·

Ha ha ha ha ja nee. Dit klink meer na kermis pudding as slaai.

emma ·

Die gelatine slaaie. Ja ek het hulle ook gemaak. was vreeslik populer in die vroee 80’s

Heidi ·

Se mos ons manne het jare terug al die slaai ontdek! Al verskil hulle het Brandewyn bygegooi!

Danie ·

Daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense gaan wens dat die bestanddele van die slaaie beskikbaar sal wees. En dat dit nie gaan wees nie. Dat hulle goed sal moet eet wat hulle nooit voorheen sou nie. Dat hulle dit sal moet eet om aan die lewe te bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.