Soorte resepte:

Vrou van Limpopo is SA se boerewors-kampioen

Championship Boerewors-wenner, Queen Mathebula (Foto: Verskaf)

ʼn 32-jarige vrou van Malamulele in Limpopo is Woensdag ná vele probeerslae as die land se boerewors-kampioen aangewys.

Queen Matebula het al drie keer vantevore vir die Shoprite/Checkers Championship Boerewors-kompetisie ingeskryf, en het hierdie jaar uiteindelik met die prys weggestap.

“Ek voel baie bevoorreg om deel te kon wees van hierdie gewaardeerde kompetisie, én dat ek dit tot die einde kon maak,” het Matebula in ʼn verklaring gesê.

Sy het nie net met die titel as SA se boerewors-kampioen weggestap nie, maar het ook ʼn splinternuwe Toyota Hilux gewen.

Die ander finaliste, James Lebepe en Moses Mathebula, het geskenkpakke van verskeie borge af ontvang.

Mathebula is aangewys as 2017 se Shoprite/Checkers Championship Boerewors-wenner, ná ʼn rugbywedstryd vir liefdadigheid tussen voormalige SA-spelers en huidige SA-rugbykampioene. In hierdie wedstryd het die ‘Braai Legends’, onder leiding van Bakkies Botha, die ‘Braai Champs’, wat deur Stephan Dippenaar gelei is, aangevat.

Bakkies Botha draf uit vir die ‘Braai Legends’ (Foto: Verskaf)

Championship Boerewors-resepte moet voldoen aan tradisionele boerewors-vereistes. Dit moet ten minste 90% vleis bevat, ’n goeie kombinasie tradisionele boereworsspeserye hê, en dit mag nie spek, blatjang, peri-peri, kerrie, tamatiesous, soetrissies, parmesaankaas of brandrissies bevat nie.

Mathebula se Championship Boerewors sal vanaf Vrydag, 15 September in enige Shoprite of Checkers beskikbaar wees om te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jan B ·

Wat n klugspel is dit nie? Elke jaar proe die wors dieselfde. Def nie die deelnemers se resep wat in die winkels is nie. Ook nie 90% vleis nie.

Cherokee ·

Te kyke na die name van die finaliste sê en nou al: Strate en dorpe se name verander en dit word steeds besoek maar as die naam ‘boerewors’ gaan verander hou ek op om dit te koop.

vrikie ·

Probeer gerus Checkers se championship boerewors, oneetbaar selfs my honde trek hulle neuse op daarvoor

Boerseun ·

Hulle wors is nie huidiglik op standard nie. Dink nie hulle moet dit boerewors noem nie

Zak ·

Stem. Ons gesin koop glad nie meer by hierdie ketting winkels wors nie. Mens kan dit nie Boerewors noem nie. Ons ondersteun ons plaaslike klein slaghuis. Heerlik! Mense ry 50km net om daar wors te kom koop. 100% vleis met die nodige speserye. Niks anders.

Boerseun ·

En ek dink SA kampion is bietjie pushing it, wat van die ander winkels se SA boerewors kampione? Is daar n assosiasie wat boerewors gradeer?

Eish ·

Voorwaar n prestasie! Die feit dat boerewors nie eens die tradisionele voedsel van die wenners is nie maak die prestasie soveel merkwaardiger. Dit wys jou net aanhouer wen. Mens kan jou net indink hoeveel ontledings dit oor 3 jaar moes neem om by die perfekte resep uit te kom. Wat die prestasie merkwaardiger maak, is dat geen boer onder die wenners is nie, hul is almal uitgestof!Weereens is die eerste prys nie te versmaai nie, dubbelkajuit pure boerebakkie!

Williew ·

Ha ha ha…maar julle is darem ‘n ou klomp suurgatte…
Gun haar dit,sy het ingeskryf en gewen,ek dink dis goed gedoen.
Baie geluk,ek gun jou dit.
Mense ons moet brue bou,nie afbreek nie,kom ons wens haar geluk en sterkte toe. Sou julle ook so lelik gewees het as sy wit was?…..vra maar net…

pieter ·

Ja williew stem saam ,dis nou maar n gier van sekere suid afrikaners wil net kritiseer en sien nooit di lig skyn in ander se oe nie ,is meer afbrekend as opbouend ,di mense dink seke ni wie berei kitskos voor nie en selfs suiwel produkte wie bewerk dit om ma n paar op te noem en hul koop dit ,gelukkig met die hulp van bo is ek meer opbouend en dit doen my gesondheid baie goed

KarenG ·

Ek dink nie dis soseer ‘n geval van suurgatte nie, ek dink maar net mense is skepties. Hierdie is maar net my beskeie opinie….meeste goed in die land is polities en/of ras gebonde. Logies kan mens nie help om te wonder, is hierdie nou weer ‘n politieke korrekte situasie of het die wenner dit op eerlike merite gewen nie. As sy die prys toegeken is vir die regte redes en ALMAL in die kimpetisie is regverdig behandel, nou ja, dan baie geluk aan haar. Indien nie, well wat is nuut??? Maar dis net MY opinie. Ek koop in elje geval nie Championship boerewors nie, so vir my is dit om te ewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.