Soorte resepte:

Wat is die verskil tussen donker-, melk- en witsjokolade?

Nadat ʼn vierde soort sjokolade verlede jaar bekend gestel is, is die onderwerp oor wat presies sjokolade is, al meer op almal se lippe.

Die nuwe robynsjokolade het ʼn ligpienk kleur en het ʼn vrugtige smaak. Dit is in September 2017 bekendgestel deur Barry Callebaut, ʼn bekende Switserse sjokolade-en-kakao-maatskappy. Robynsjokolade word gemaak van robynkakaobone en geen kleursel word bygevoeg om die pienk kleur te gee nie.

Die oorspronklike drie sjokoladegeure, naamlik donkersjokolade, melksjokolade en witsjokolade het nou ʼn titsel meer kompetisie, maar ons maak dit vir jou maklik om te besluit watter een jou belangstelling prikkel:

Donkersjokolade

Donkersjokolade

Donkersjokolade word gemaak van kakao, kakaobotter, suiker, geursel en ʼn bindingsmiddel. Donkersjokolade het ʼn hoër persentasie kakao as enige van die ander soorte sjokolade en dit gee die sjokolade ʼn dieper, soms bitter smaak. Sommige handelsmerke verkoop donkersjokolade met ʼn inhoud van tot 95%-kakao. Donkersjokolade se bestanddeellys kan soms poeiermelk insluit, maar dit behoort slegs vir tekstuur te wees, en moet nie die kenmerkende donkersjokolade-smaak belemmer nie.

Donkersjokolade het die reputasie om ʼn “gesonder” alternatief vir melksjokolade te wees, omdat die suikerinhoud in die meeste gevalle veel laer is. Donkersjokolade het ʼn donkerbruin tot swart kleur.

Melksjokolade

Melksjokolade

Melksjokolade bevat alles wat donkersjokolade bevat, maar dit kry melkprodukte by en bevat minder kakao. Poeiermelk word meestal bygevoeg om die sjokolade ʼn romerige tekstuur en te gee en die bitter sjokoladesmaak te demp. Melksjokolade se gewig bestaan uit ten minste 10% kakao en ten minste 12% melkprodukte. Dié sjokolade is die gewildste onder verbruikers, omdat dit nie té bitter of té soet is nie.

Melksjokolade het ʼn bruin tot ligbruin kleur.

Witsjokolade

Witsjokolade

Hoewel witsjokolade as ʼn soort sjokolade geklassifiseer word, is daar nie kakao in nie. Kakao word gesien as die basis van sjokolade, so baie mense argumenteer dat witsjokolade nie regtig ʼn sjokolade is nie.

Witsjokolade word slegs van die kakaobotter gemaak. Die kakaovloeistowwe en -botter word geskei en die vloeistowwe word dan gedroog, wat die kakaopoeier vorm soos ons dit vandag ken.

Witsjokolade bevat, behalwe die kakaobotter, ook suiker, poeiermelk, geursel en ander vette. Dié sjokolade bestaan gewoonlik uit ten minste 20% kakaobotter, 14% poeiermelk en nie meer as 55% suiker nie.

Witsjokolade het kleurskakering van wit, ivoor en room.

Lees ook meer ook kakao hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Avra ·

Hou maar nog die meeste van witsjokolade. Ongelooflike smaak in roomys wat ek maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.