Hierdie kompetisie is gesluit. Het jy ʼn gunstelingresep vir French Toast (eierbrood)? Wen nou met die fliek French Toast deur met jóú Franse vernuf te spog!
In die nuwe Afrikaanse rolprent, French Toast, maak Lise le Roux gebruik van ʼn resep wat haar ma vir haar agtergelaat het nadat sy oorlede is.
Nou kan jy ook jou gunsteling- en mees kreatiewe resep vir French Toast met ons deel! Die drie beste resepte sal op die spyskaart van die French Toast-koffiekafee bygevoeg word en die topresepte sal deel wees van ʼn spesiale French Toast-koffietafelboek. Al die inskrywings word boonop ook op Maroela Media se resepteblad (Koolstoof) gepubliseer!
Klik hier om in te skryf en lees hier meer oor die fliek.
Inskrywings vir die kompetisie sluit 8 Mei 2015.