RSVP: Voorskou van ‘Dominee Tienie’

Ná 16 jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade (Frank Opperman) gekonfronteer met ’n geweldige daling in lidmaatgetalle en ’n moderne gemeenskap wat daagliks verander. Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante óf die kerk? Hy doen sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderings, maar in die proses raak hy vervreemd van sy vrou (Henriëtta Gryffenberg) en kinders. Ná ’n voorval met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie hom by ’n kruispad. Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terugwen? Sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei? Gegrond op die toneelstuk deur Dana Snyman.

Jy het die voorreg om Dominee Tienie eerste te sien! Maroela Media en Helpende Hand nooi jou en jou metgesel uit om saam met ons na ’n voorskou van Dominee Tienie te kom kyk.

Somerset-Wes

17 Januarie 2019
19:00 vir 19:45
Ster-Kinekor, Somerset Winkelsentrum, Somerset-Wes
RSVP teen 11 Januarie

Pretoria

24 Januarie 2019
19:00 vir 19:45
Ster-Kinekor, Irene Village Mall, h.v. Nellmapiusrylaan & Van Ryneveldstraat, Irene
RSVP teen 18 Januarie 2019

RSVP