Tennis
Kom ons loer na die jongste nuus by die Australiese Ope Tennistoernooi in Melbourne.
Die tweede gekeurde Novak Djokovic het sekerlik die grootste pak van sy lewe gekry. Hy is in die tweede ronde deur Denis Istomin, wat nommer 117 op die Wêreldranglys is, uitgeskakel. Dit beëindig ook Djokovic se aanslag op ʼn sewende titel in Melbourne.
Serena Williams het Lucie Safarova 6-3 en 6-4 geklop.
Die derde gekeurde Agnieszka Radwanska is egter in die derde ronde uitgeskakel.
Ander uitslae:
(9) Rafael Nadal (Spa) klop Marcos Baghdatis (Cyp) 6-3 6-1 en 6-3
(3) Milos Raonic (Kan) klop Gilles Muller (Lux) 6-3 6-4 en 7-6 (7-4)
Olimpiese Spele
Die Chinese maatskappy Alibaba het ʼn ooreenkoms met die IOK gesluit en sal voortaan een van die hoofborge van die Olimpiese Spele wees.
Gholf
In die Europese Reeks word die Abu Dhabi Ope Kampioenskap gespeel.
Ná die eerste ronde was alle oë op Hendrik Stenson.
1 | Henrik Stenson | -8 | F | -8 | 64 | 64 |
2 | Marc Warren | -6 | F | -6 | 66 | 66 |
Martin Kaymer | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |
Oliver Fisher | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |
Kiradech Aphibarnrat | -6 | F | -6 | 66 | 66 | |
10 | Branden Grace | -4 | F | -4 | 68 | 68 |
27 | Dean Burmester | -3 | F | -3 | 69 | 69 |
In Amerika by die CareerBuilder Uitdaging in Kalifornië staan sake so ná die eerste ronde:
1 | Dominic Bozzelli | -8 | F | -8 | 64 | 64 |
2 | Patton Kizzire | -7 | F | -7 | 65 | 65 |
Hudson Swafford | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |
Jhonattan Vegas | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |
Harold Varner III | -7 | F | -7 | 65 | 65 | |
57 | Tyrone v Aswegen | -2 | F | -2 | 70 | 70 |
Rory Sabbatini | -2 | F | -2 | 70 | 70 |
Vrouegholf
Die SA Meesters Gholftoernooi se eerste ronde is op die Rondebosch Gholfbaan in Kaapstad voltooi.
1 | Kiran Matharu | ENG | -3 | 69 |
1 | Ashleigh Buhai | RSA | -3 | 69 |
1 | Nicole Garcia | RSA | -3 | 69 |
1 | Carrie Park | KOR | -3 | 69 |
Internasionale krieket
Vanaand pak die Proteas en Sri Lanka mekaar in die eerste T20-wedstryd van die reeks op Supersport Park in Centurion. Dit gaan ʼn volgepakte stadion wees met al die kaartjies wat uitverkoop is. Die wedstryd begin om 18:00.
Die derde eendagwedstryd tussen Australië en Pakistan is in Perth gespeel.
Die Aussies het maklik met 7 paaltjies geseëvier.
Pakistan 263/7
Australië 265/3
Die Aussies loop nou 2-1 voor in die reeks.
En in Cuttack is die tweede eendagwedstryd tussen Indië en Engeland afgehandel.
Indië 381/6 (50.0 ov)
Yuvraj Singh 150
MS Dhoni 134
Engeland 366/8 (50.0 ov)
ʼn Ooorwinning van 15 lopies deur Indië en daarmee palm hulle ook die reeks in.
Sunfoil-krieketreeks
Die Dolphins en Lions meet kragte in Pietermaritzburg en ná dag een staan sake so:
Dolphins het die loot gewen: 285/6 (96 bb)
Lions
Vrouekrieket
Die Suid-Afrikaanse vrouespan speel vandag in hul vyfde en laaste eendagwedstryd teen Bangladesj. Die Proteas loop 3-1 voor in die reeks.
SuperRugby
Die Cheetahs gaan aanstaande week na Zimbabwe reis sonder sewe van hul topspelers vir hul opwarmingswedstryd teen die Stormers.
Sokker
In die Engelse Premierliga is daar môre heelwat aksie:
Liverpool | v | Swansea City | Anfield | 14:30 |
AFC Bournemouth | v | Watford | Vitality Stadium | 17:00 |
Crystal Palace | v | Everton | Selhurst Park | 17:00 |
Stoke City | v | Manchester United | Britannia | 17:00 |
W Bromwich Albion | v | Sunderland | The Hawthorns | 17:00 |
Middlesbrough | v | West Ham United | Riverside | 17:00 |
Manchester City | v | Tottenham Hotspur | Etihad | 19:30 |
In die Afconbeker is twee wedstryde gister afgehandel.
Senegal | 2-0 | Zimbabwe |
Algerië | 1-2 | Tunisië |
Vandag speel die Ivoorkus teen DR Kongo en Marokko teen Togo.