Tennis
Op die Australiese Ope-tennistoernooi in Melbourne is die volgende wenners deur na die halfeindronde:
(17) Roger Federer (Switserland) speel klaar met Mischa Zverev (Duitsland) 6-1 7-5 6-2
(4) Stan Wawrinka (Switserland) klop (12) Jo-Wilfried Tsonga (Frankryk) 7-6 (7-2) 6-4 6-3
Coco Vandeweghe (VSA) reken af met (7) Garbine Muguruza (Spanje) 6-4 6-0
(13) Venus Williams (VSA) klop (24) Anastasia Pavlyuchenkova (Rusland) 6-4 7-6 (7-3)
Vanoggend se uitslae:
Mirjana Lucic-Baroni (Kroasië) klop (5) Karolina Pliskova (Tseggië) 6-4 3-6 6-4
(2) Serena Williams (VSA) klop (9) Johanna Konta (Brittanje) 6-2 6-3
Superrugby
Pat Lambie sal die Sharks aanvoer tydens die Superrugbyseisoen en die Lions se losvoorspeler Warwick Tecklenburg het sy onmiddellike uittrede uit rugby aangekondig.
7’s-rugby
Die derde been van die Wêreld 7’s-reeks word die naweek in Wellington, Nieu-Seeland, gespeel.
Op die jongste punteleer staan sake só ná twee rondes:
1 | Fidji | 35 |
2 | Suid-Afrika | 35 |
3 | VSA | 29 |
4 | Argentinië | 29 |
5 | England | 26 |
Varsity-rugby
Vanjaar se Varsity-rugbyreeks vier sy tiende verjaardag en skop aanstaande week af. Nege van die land se top-universiteite sal oor 11 weke sake uitspook om te sien wie die gesogte titel gaan opraap. Elke span speel vier tuis- en wegwedstryde, voordat die topvier na die halfeind gaan deurdring.
Atletiek
Wayde van Niekerk berei tans voor om komende naweek aan sy eerste byeenkoms deel te neem sedert hy die Olimpiese 400 m-titel verower het. Hy sal in Bloemfontein in aksie wees.
Gholf
Kom ons loer na die week se toernooie:
In Amerika begin die Farmers Insurance Ope môre op Torrey Pines in
San Diego, Kalifornië.
In die Europese reeks val die kollig op die Qatar Masters in Doha, Katar.
Intussen sukkel Rory McIlroy steeds met ʼn ribbesering en het hom onttrek aan aanstaande week se Dubai Desert Classic. Die jongste nuus is dat hy tot in Maart buite aksie sal wees.
Internasionale krieket
Vandag pak die Proteas en Sri Lanka mekaar op Nuweland in Kaapstad in die derde en finale T20-wedstryd van die reeks. Die reekstelling is een elk. Die aksie begin om 18:00 en AB de Villiers sal ook in aksie wees.
Môre pak Australië en Pakistan mekaar in hul vyfde eendagwedstryd. Die wedstryd word in Adelaide gespeel.
Sunfoil-kieketreeks
Donderdag begin daar twee meerdagreeks-wedstryde:
Knights pak die Warriors in Bloemfontein om 10:00; en die Titans speel teen die Cape Cobras in Centurion, ook om 10:00.
Sokker
In die Afcon-beker is twee wedstryde gister afgehandel. Die verdedigende kampioen, die Ivoorkus, se toernooi is verby.
Marokko | 1 – 0 | Ivoorkus |
Togo | 1 – 3 | Kongo |
Vandag speel Uganda teen Mali en Egipte teen Ghana.