Vandag se sportnuus

Krieket

Die Proteas se reeks teen Engeland het gister met die eerste Eendagkragmeting afgeskop. Dié dag-aandwedstryd op Headingley is gemaklik deur Engeland gewen. Die Engelse het met die kolf en die bal oorheers terwyl die Suid-Afrikaners onafgerond met die kolf en sonder diepte in die boulaanval was.

Engeland      339/6 (50.0 bb)
Suid-Afrika   267 (45.0 ov)
England wen met 72 lopies.

Die tweede Eendagkragmeting word Saterdag by die Rose Bowl in Southampton gespeel.

In ’n ander internasionale wedstryd het Bangladesj en Nieu-Seeland kragte gemeet.

Nieu-Seeland          270/8 (50 bb)
Bangladesj               271/5 (48.2 / 50 bb)
Bangladesj wen met 5 paaltjies (met 10 balle oor).

 

Superrugby

Kom ons loer na die naweek se bepalings:

 

Motorwedrenne

Die Formule Een Grand Prix van Monaco word Sondag gejaag. Die vroeë gunstelinge is Daniel Ricciardo, Lewis Hamilton en Ferrari se Sebastian Vettel.

Die Indianapolis 500 word ook Sondag afgehandel en die wegspringrooster lyk só:

 

Fietsry

Die Toer van Italië se 17de skof is gister gejaag

Skof:

Algeheel:

Tennis

In Genève se kleibaantoernooi was daar volop aksie. Van die uitslae lyk só:

Die eerste gekeurde Stan Wawrinka is deur na die kwarteind toe Rogerio Dutra Silva ’n besering opgedoen het. Kei Nishikori, wat tweede gekeur is, het vir Mikhail Kukushkin met 6-4 en 6-3 uitgeskakel.

Vandag speel Suid-Afrika se Kevin Anderson in die kwarteind teen         die tweede gekeurde Kei Nishikori.

Gholf

In Amerika begin die Dean & Deluca Uitnodigingstoernooi in Fort Worth, Texas, vandag. Net twee Suid-Afrikaners sal hul stokke swaai. Dit is Tyrone Van Aswegen en Rory Sabbatini.

In Europa slaan die spelers af in die BMW PGA Kampioenskap op Wentworth in Engeland. Nie minder nie as 15 Suid-Afrikaners gaan hul staal toon. Dit sluit in

Ernie Els, Jaco Van Zyl, Branden Grace, George Coetzee en Zander Lombard.

Sokker

Die eindstryd van die Europese Beker is gisteraand gespeel.  Ajax en Manchester United het kragte gemeet. Manchester United is as die kampioene gekroon na ’n uitstekende 2-0-oorwinning.

By FIFA se o.20-wêreldbekertoernooi in Suid-Korea lyk gister se uitslae só:

 

 

Vandag se Bepalings:

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.