Vandag se sportnuus

Tennis

Die Franse Ope se vyfde dag is gister op Roland Garros afgehandel. Die lys van manswenners sluit gekeurde spelers in soos Kei Nishikori, Andy Murray en Stan Wawrinka. Kevin Anderson en Nic Kyrgios het sake uitgespook, met Anderson wat in vier stelle as wenner uit die stryd getree het.

In die vroue-enkelspel het Agnieszka Radwanska en Elina Svitolina hul plekke in die derde ronde bespreek.

In die dubbelspel is Suid-Afrika se Raven Klaasen en sy spanmaat Rajeev Ram in die tweede ronde uitgeskakel.

Krieket

By die IKR se Kampioenetrofee het Engeland teen Bangladesj gespeel.

Bangladesj      305/6 (50.0 bb)
Engeland         308/2 (47.2 b)
Engeland seëvier met 8 paaltjies gewen (met 16 balle oor)

Joe Root het 133 nun bygedra en is as speler van die wedstryd aangewys.

Bepalings

Motorfietswedrenne

Die Moto GP Grand Prix van Italië word Sondag gejaag. Die voormalige wêreldkampioen, Jorge Lorenzo, sukkel tans op sy Ducati en is agste op die punteleer ná vyf wedrenne. Hy het drie keer die wêreldkroon op ʼn Yamaha gewen.

Padwedlope

Die jaarlikse Comrades-marathon word Sondag gehardloop. Vanjaar is dit ʼn op-wedloop van Durban na Pietermaritzburg. Nagenoeg 20 000 atlete sal aan dié moordende ultra-marathon deelneem. Die wegspring is om 05:30 die oggend.

Superrugby

Dié naweek se bepalings lyk sò:

Internasionale Rugby

Die Britse Leeus skop hul toer deur Nieu-Seeland môre af wanner hulle om 09:35 teen die provinsiale Barbarians op die veld draf.

Die volgende wedstryde by die Wêreld Junior-Rugbykampioenskap vir o./20’s, word môre in Georgië gespeel. Die Baba-bokkies het in hul eerste wedstryd teen Frankryk gelykop gespeel.

Netbal

Die naweek se aksie in die Brutal Fruit Premierliga is in Bloemfontein. Die  uitspeelwedstryde begin reeds vanaand van 18:00 af. Môre begin spel om 14:00 en Sondag om 10:30.

Gholf

By die Memorial Toernooi in Ohio staan sake só na die eerste ronde:

In die Europese-reeks is die Nordea Meesters se eerste ronde ook voltooi.

Die Zambiese Ope se voorlopersbord word na die eerste ronde deur Suid-Afrikaners oorheers.

Sokker

By FIFA se O/20 wêreldbekertoernooi in Suid-Korea, lyk gister se uitslae sò:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.