Vandag se sportnuus

Sewesrugby

  • Die Blitsbokke is nou vierde in die wêreldreeks ná die derde toernooi die naweek in Nieu-Seeland afgehandel is.
  1. Fidji 57
  2. VSA 57
  3. Nieu-Seeland 54
  4. Suid-Afrika 44
  5. Engeland 38
  6. Australië 35

Die topvier spanne aan die einde van die reeks (10 toernooie) kwalifiseer outomaties vir aanstaande jaar se Olimpiese Spele in Japan. Die volgende toernooi word komende naweek in Sydney gespeel. 

  • Ná die naweek se Pro14-wedstryde is Munster die voorloper in Konferensie A en Leinster in Konferensie B.

Konferensie A

1 Munster 48
2 Glasgow Warriors 46
3 Ospreys 38
4 Connacht 38
5 Cardiff Blues 36
6 Cheetahs 31
7 Zebre 17

Konferensie B
1 Leinster 58
2 Benetton Treviso 37
3 Edinburgh 36
4 Ulster 35
5 Llanelli Scarlets 35
6 Dragons 19
7 Kings 17 

Krieket

  • Suid-Afrika en Pakistan se vyfde en beslissende eendagwedstryd word môre in Kaapstad gespeel. Die reekstelling is tans twee elk. 
  • Nieu-Seeland en Indië se derde eendagwedstryd is gister afgehandel. Indië het, soos met die eerste twee wedstryde, weer die botoon gevoer.

Nieu-Seeland 243

Indië 245/3 (43/50 bb)

Indië wen met 7 paaltjies met 42 balle oor.

  • Die Wes-Indiese Eilande en Engeland se tweede toets begin Donderdag. 
  • Australië en Sri Lanka sê mekaar Vrydag die stryd aan in hul tweede toets in Canberra.
  • In die plaaslike meerdagreeks het drie wedstryde gister begin.

Potchefstroom
Highveld Lions 409/8 (92.3 bb)
Warriors
Pietermaritzburg
Dolphins 293/6 (81 bb)
Cape Cobras
Benoni
Titans
Knights
Geen spel was moontlik op dag een nie weens ʼn nat buiteveld.

Louis Oosthuizen (Foto: Louis Oosthuizen/Facebook)

Op die punteleer is die Cape Cobras net drie punte voor die Lions.
1 Cape Cobras 171
2 Highveld Lions 168
3 Warriors 128
4 Knights 108
5 Titans 99
6 Dolphins 92

Gholf

  • Ná die Omega Dubai Desert Classic en die Farmers Insurance Ope is Justin Rose steeds die voorste speler op die wêreldranglys.

1 Justin Rose
2 Brooks Koepka
3 Dustin Johnson
4 Justin Thomas
5 Bryson DeChambeau
25 Louis Oosthuizen
53 Branden Grace 

Tydrenne

  • Die eerste tydren van die jaar, die Monte Carlo-tydren, is die naweek deur die huidige wêreldkampioen gewen. Sebastien Ogier het in sy Citroen die titel vir ʼn sesde agtereenvolgende jaar verower. Hy was net 2.2 sekondes voor Thierry Neuville in ʼnHyundai. 

Motorwedrenne

  • Fernando Alonso het sy span geloof vir sy oorwinning in die Daytona-24-uur-uithouwedren. Die wedren is met twee uur kortgeknip weens swaar reën. Alonso het ook verlede jaar die Le mans-24-uur-uithouwedren gewen. 

Tennis

  • Die wenner van die Australiese Ope, Naomi Osaka, is nou die voorste vrouespeler in die wêreld. Petra Kvitova is tweede en Simona Halep derde. 

Sokker

  • In die Engelse Premierliga word daar vanaand ses wedstryde gespeel.

Fulham 21:45 Brighton & Hove Albion
Arsenal 21:45 Cardiff City
Huddersfield Town 21:45 Everton
Wolverhampton Wanderers 21:45 West Ham United
Manchester United 22:00 Burnley
Newcastle United 22:00 Manchester City

  • In die Nedbank-beker word daar vanaand twee wedstryde afgehandel.

Maccabi 19:30 The Magic
Baroka 19:30 Jomo Cosmos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.