Maties slaan die Varsity-kitaar

Die Maties is vanjaar witwarm in die Varsitybeker. Foto: Facebook.

Toe die Varsity-beker destyds afgeskop het, was die Universiteit van Stellenbosch dié span om te klop. Met spelers soos Juan de Jongh en Kie. was hulle so te sê onstuitbaar.

Sedertdien het ander spanne soos Pukke, Tukkies en UJ hulle ingehaal, maar vanjaar lyk dinge weer goed, my Matie!

Die Stellenbossers het die enigste ander onoorwonne span in die reeks – Pukke – met 43-15 ore aangesit om hul eerste plek op die punteleer met iets selfs sterker as PPC-sement vas te messel.

Die Kapenaars het uiteindelik vyf drieë gedruk.

Ná vyf probeerslae het die Universiteit van Johannesburg uiteindelik sy eerste oorwinning van die toernooi gekry toe hulle Wits met 39-16 in Johannesburg getroef het. Vir ’n universiteit wat spelers soos Aphiwe Dyantyi opgelewer het, is ’n sesde plek in die reeks nie goed genoeg nie.

Dan het Tukkies amok teen die Universiteit van Wes-Kaapland gemaak om tien drieë in hul oorwinning van 70-12 te druk.

  • Shimlas 51 – 40 Ikeys:

Shimlas: Drieë: Cham Zondeki, Ruan Henning (2), Marnus Boshoff (2), Zak Burger, Tiaan Schutte. Doelskoppe: Lubabalo Dobela (5). Strafskop: Dobela.

Ikeys: Drieë: Cornelius Otto, Darian Hock, James Tedder (2), Cuan Hablutzel. Gary Porter. Doelskoppe: Hock (4), Lohan Lubbe. Strafskop: Lubbe.

  • Maties 43 – 15 Pukke:

Maties: Drieë: HJ Luus, Edwill van der Merwe (3), Dan Jooste. Doelskoppe: Jordan Chait (3), Reinhardt Fortuin. Strafskoppe: Chait (3).

Pukke: Drieë: Gideon van der Westhuizen, Wian Conradie. Doelskop: Schalk Hugo. Strafskop: Hugo.

  • Tukkies 70-12 UWC:

Tukkies: Drieë: Theo Maree, Johan Grobbelaar (2), Stephan Smit, Marius Verwey, Ruan Nortje, Ciaran Dayara, Irvan Ali, Hanru Sirgel, Jacobus Eloff. Doelskoppe: Tinus de Beer (10).

UWK: Tristan Leyds. Doelskop: Keagan Fortune. Strafskop: Fortune.

  • UJ 39 – Wits 16

UJ: Drieë: Odwa Nkunjana (2), Shaun Williams, Driaan Bester. Doelskoppe: Mashudu Raphunga (3). Strafskoppe: Raphunga (3).

Wits: Drieë: Adrian van Blerk, Kasende Kapepula. Doelskoppe: Ruan Cloete (2).

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.