Rugby:
- Daar is vyf Suid-Afrikaners (saam met Josh Strauss) in die Barbarians se beginspan vir die komende wedstryd teen Brasilië in Sau Paulo ingesluit.
Lukhanyo Am, Makazole Mapimpi, Jano Vermaak, Strauss en Hencus van Wyk sal teen die Suid-Amerikaners opdraf, terwyl Beast Mtawarira, Marco van Staden, Wiehahn Herbst (wat onder andere vir Ulster gespeel het) en Dillyn Leyds op die plaasvervangersbank is.
Barbarians: David Havili (heelagter), Bautista Ezcurra (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Billy Meakes (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Santiago Iglesias (losskakel), Jano Vermaak (skrumskakel), Josh Strauss (agtsteman), Peter Samu (flank), Anges Cottrell (flank), Luke Jones (slot), Tyler Ardron (kaptein en slot), Hencus van Wyk (stut), Andrew Makalio (haker), Campese Maafu (stut). Plaasvervangers: Tendai Mtawarira, Rory Best, Wiehahn Herbst, Ben Landry, Marco van Staden, Joe Powell, Mathieu Bastareaud, Dillyn Leyds.
- Intussen sal die Springbokke volgende jaar in twee toetse teen Skotland gewikkel wees. Die toetse vind op 4 en 11 Julie plaas.
Krieket:
- Die 16-jarige Naseem Shah kan môre sy debuut vir Pakistan teen Australië maak, wanneer dié twee lande mekaar in die eerste toets op die Gabba pak.
Shah is ’n tienersensasie wat in sewe eersterangse wedstryde reeds 27 paaltjies teen ’n gemiddeld van 16.66 laat kantel het.
Hoe die spanne kan lyk:
Australië: David Warner, Joe Burns, Marnus Labuschagne, Steven Smith, Travis Head, Matthew Wade, Tim Paine (kaptein en paaltjiewagter), Pat Cummins, Mitchell Starc, Nathan Lyon, Josh Hazlewood.
Pakistan: Shan Masood, Azhar Ali (kaptein), Haris Sohail, Babar Azam, Asad Shafiq, Iftikhar Ahmed, Mohammad Rizwan (paaltjiewagter), Yasir Shah, Shaheen Afridi, Mohammad Abbas, Naseem Shah.
Gholf:
- Suid-Afrika se Erik van Rooyen is nou die 50ste beste gholfspeler in die wêreld, dit volgens die jongste wêreldranglys.
Louis Oosthuizen is op nommer 24 Suid-Afrika se voorste speler.