AB slaan honderdtal in Bangladesj

AB de Villiers het gister ’n honderdtal in Bangladesj geslaan. Foto: GB Jordaan.

AB de Villiers word wyd en syd gereken as Suid-Afrika se eerste internasionale krieketsuperster.

Maak nie saak of hy in Indië, Suid-Afrika of Australië speel nie, toeskouers sal na die stadions stroom om hom te sien kolf.

In die Indiese Premierliga is hy byna net so gewild soos Virat Kholi, MS Dhoni of selfs Sachin Tendulkar. Nóú is De Villiers ook besig om die Bangladesj Premierliga rooi te verf.

Ná ’n stillerige Mzansi Superliga (hy het darem in die laaste kragmeting ’n onoorwonne 93 geslaan), het die 34-jarige oud-Protea gister in Chattogram ontplof en ’n honderdtal van 50 aflewerings vir die Rangpur Riders geslaan.

Terwyl die dreunsang van “A-B, A-B” tussendeur die houtsitplekke weergalm, het De Villiers en Engeland se Alex Hales (85*) ’n vennootskap van 184 lopies om die vierde paaltjie geniet. Die duo het gesorg dat Dhaka Dynamites se 186/6 reeds in die 19de boulbeurt verbygesteek is.

De Villiers het teen ’n treftempo van 200 lopies per 100 aflewerings gekolf en agt viere en ses sesse geslaan.

Sy mede-Suid-Afrikaner, Rilee Rossouw, is vir ’n eerstebalnulletjie uitgehaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daniella ·

Ek het dan gedink hy wil altyd “tuis” wees by sy gesin? Is dit nie hoekom hy vokstrek weier om vir SA te speel nie? Of is dit die Rand-Dollar wisselkoers wat sy rede was? Ek het seker maar verkeerd verstaan. Geld is tog belangriker as alles anders, ( vir sommiges).

Naamgenoot ·

Dink jy is reg Daniella. Die ZAR is te swak vir AB. Mens moet NOOIT vergeet waar jy vandaan kom nie, moet nooit die hand wat jou gevoed het byt nie.

Gatvol ·

Ek gun hom dit. J Kallis het ook die paadjie geloop maar daar was nie n gekerm nie. Moet ons altyd dan terugstaan terwyl ander lande se spelers die room afskep. Jammer vir julle twee maar charity starts at home.

Viv ·

Net soos alle ander het hy n reg om sy besluite oor sy eie loopbaan te neem. Hy het nie gese hy wil “tuis” wees nie, slegs dat hy meer tyd met sy gesin wil spandeer. Sal graag wil sien of bg klaers ander keuses vir hulleself sal maak sou hulle die geleentheid gegun word.

JohanL ·

Vanuit kriekethoek – welgedaan AB met ‘n puik honderdtal.

Laat my egter dink oor jou rede vir uittrede. Meer tyd vir familie? Weet nie? Jy speel nou in Bangladesh. Meer geld? Wel, dit is die realiteit en ek kan nie daarteen stry nie.

Maar ek kan nie moontlikheid uitlaat dat “dinge nie lekker was” tussen jou en Otis Gibson nie? Ons sal hopelik eendag agter die kap van die byl kom.

Punt is, SA krieket kon doen met AB by die Wereldbeker. AB kon baie maklik uittrede uit die 5-dag versie aangekondig het en steeds eendagkrieket vir SA gespeel het. Heeltemal aanvaarbaar vir my. baie ander spelers het dit al gedoen – hoekom nie jy ook nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.