Agterblad-manne ontleed F1-drama

Foto: Verskaf.

Dit was ʼn gepaste slottoneel vir die beste F1-seisoen nóg: Hope aksie tot die die laaste draai van die finale ronde!

Gister se drama in Abu Dhabi het vir een van die mees ikoniese F1-oomblikke gesorg toe Max Verstappen vir Lewis Hamilton verbygesteek het om sodoende met die jaerskampioenskaptitel weg te jaag.

Daar is natuurlik ook lekker omstredenheid oor Michael Masi (wedrendirekteur) wat weer eens ’n beduidende rol gespeel het om die uiteindelike wenner van die wedren te bepaal.

Moenie hierdie week die Agterblad-manne se gesprek misloop nie!

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.