Agterblad-span gesels met Schalk Brits

Foto: Verskaf.

Die Agterblad-span verwelkom die Wêreldbeker-wenner en viermalige Engelse Premierliga-kampioen, Schalk Brits, by die program.

In die program word daar gesels oor die druk wat sosiale media op jong spelers plaas, sy klubrugbyjare en sy uiteindelike reis na Saracens.

Brits praat ook oor die belangrikheid van ’n span se kultuur, waarom sy spel in Engeland verbeter het wat die plaaslike spelers in die Verenigde Rugbykampioenskap kan verwag.

Laastens gee hy se mening oor plaaslike en oorsese spelers in die Bokspan, sowel as die Suid-Afrikaners se Sesnasies-toekoms.

  • Willem Rautenbach, Francois van Zyl, Alten du Plessis, Charl Eksteen en Hendré Cubitt is vyf sportliefhebbers wat mekaar as studente in Stellenbosch ontmoet het. Hoewel hulle hul deesdae op verskillende plekke in die land bevind, is hulle steeds gereed om oor elke drie, doel en grenshou te debatteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.